Seisoene leer my van liefde

Seisoene leer my van liefde

Aug 19, 2025
304

Dinsdag 19 Augustus 2025 - Riaan M Odendaal

Winter hou nie vas aan sy reën nie.
Hy gee dit deur aan die grond —
loop dan stil uit die kamer.

Lente maak oop
met wat agtergebly het.
Somer sing dit verder.
Herfs hou dit veilig.

So leer die wêreld my:
liefde is nie net saam-tyd nie.
Dis die oorgawe van seisoene,
die sekerheid dat wat gegee is,
bly werk —
selfs wanneer die seisoen self verder draai.

En soms,
wanneer die wind van rigting verander,
onthou jy ’n hand wat jou styf gehou het,
of woorde wat eenmaal gesê is —
en jy weet:
ware liefde hou langer
as die afstand tussen dae.

Want liefde — egte liefde —
is nooit weg nie.
Dis net elders besig
om sy lig te laat werk.

image


 

Vous aimez cette publication ?

Achetez un café à The Daily Verdict

Plus de The Daily Verdict

ConfidentialitéConditionsSignaler