“Nie elke draai beteken jy’s van koers a ...

“Nie elke draai beteken jy’s van koers af nie.”

Aug 09, 2025

Deur Riaan M Odendaal - Saterdag 9 Augustus 2025

Soms bring die pad jou onverwags deur stofstrate en onbekende dorpies.
Jy kyk links, jy kyk regs — en wonder of jy nog reg ry.

Maar draaie leer jou meer as reguit lyne.
Hulle bring jou by plekke waar die lig anders val,
waar die stilte dikker is,
waar jy die asem van jou eie geduld kan hoor.

Moenie te gou probeer reguit maak wat God krom gehou het om jou te beskerm nie.
Party draaie is nie ’n ompad nie —
dit is die enigste pad.


💬 My oom sou vertel:
“Ek onthou, Riaan, jare terug op pad Calvinia toe. Net na die rivier draai die teerpad skielik grondpad. Daar staan ’n bord — so een soos hierdie — met ’n pyl wat jou waarsku vir die skerp draai. Ek het destyds gedink dit gaan my vertraag. Maar daai draai… hy het my gelei na ’n windpomp wat ek nooit sou gesien het nie, en na ’n boer wat vir my stories vertel het wat ek nooit sou gehoor het nie. Sien, seun — party draaie vat jou nie weg van jou bestemming nie. Hulle maak net seker jy sien die beste deel van die pad.”

image

Gefällt dir dieser Beitrag?

Kaufe The Daily Verdict einen Kaffee

Mehr von The Daily Verdict

DatenschutzNutzungsbedingungenMelden