Pietersburg Konsentrasiekamp Herdenkings ...

Pietersburg Konsentrasiekamp Herdenkingsdag 2026 – ’n Dag van Diepe Betekenis en Gemeenska

Jun 16, 2026

Dinsdag 16 Junie 2026 sal nog lank in ons harte bly. Wat begin het as ’n plegtige herdenking van die duisende Boervroue en -kinders wat in die Britse konsentrasiekampe gesterf het, het ontwikkel tot ’n warm, betekenisvolle dag vol respek, trots en ware gemeenskapsgees.

imageDie dag het om 09:30 begin by die Pietersburg Konsentrasiekamp Kerkhof. Van die eerste oomblik af was die atmosfeer spesiaal. Die formele program het met ’n hartlike verwelkoming en agtergrond oor die dag begin deur Charles Rademeyer, gevolg deur ’n skriflesing en gebed. Frik Brits het ’n kragtige agtergrond oor die Anglo-Boereoorlog en die konsentrasiekampe gegee, waarna die herdenkingskerse aangesteek is. Dit was ’n baie ontroerende oomblik.

Die res van die dag was gevul met lewendige en betekenisvolle aktiwiteite: ’n pretloop, boeresport, die gewilde potjiekos-kompetisie, stalletjies met plaaslike produkte en handwerk, asook ’n vendusie. Die Volkspelers het die gehoor met hul optredes vermaak, terwyl die ruiters tussen die grafte en die laaste taptoe die dag op ’n baie waardige en emosionele noot afgesluit het.

imageDit was vir ons ’n voorreg om te sien hoe mense van oral af saamgekom het om ons voorsate te eer. Die dag het weer bewys dat ons geskiedenis lewe wanneer ons dit saam met respek en liefde herdenk.

’n Opregte dankie uit die diepte van ons harte

Ons wil graag die volgende persone en instansies van harte bedank vir hul bydrae, ondersteuning en toewyding wat hierdie dag so suksesvol gemaak het:

  • Charles Rademeyer vir die verwelkoming en agtergrond oor die dag

  • Die Polokwane Munisipaliteit / Museum vir die uitstallingsitems wat die dag verryk het

  • Raadslid Nomonde Sivhabu (Lid van die Burgemeesterskomitee) wat die dag kom bywoon het

  • Die Leraar vir die skriflesing en gebed

  • Frik Brits vir die agtergrond oor die ABO en konsentrasiekampe

  • Carel Schmahl vir die organisering en bedankings

  • Karolien vir die pretdraf

  • Anton Botha en die Volkspelers vir hul optredes

  • Jan Bouwman (perde en ruiters) en Pieter-Willie Becker (trompet) vir die ruiters tussen die grafte

  • Henk Lottering en die Voortrekkers vir die boeresport

  • Nico van Nikkor Afslaers vir die vendusie en kragopwekker

  • Pieter Schmahl van ALREL (Pty) Ltd en Canvas & Aluminium Concepts vir die kloktente

  • Peet Dorfling vir die vlae

  • Tinus le Roux vir die foto’s

  • “Jou Radio” vir die gratis advertensies

  • Spar Platinumpark, Wimpy, Paul Eksteen (Lekana Trading), Rebelwyne en Talisman vir donasies en pryse

  • Grin Court vir die gratis verblyf aan die Pretoria-gaste

  • Jan & Betty Bouwman vir die perde

  • Die Coenraad de Buys afstammelinge

  • VF Plus Pietersburg / Polokwane vir die maandelikse skoonmaakaksies

  • Alle uitstallers, stalletjiehouers, potjiekosdeelnemers en karwagte

  • En veral elke persoon wat die dag bygewoon het en sodoende bygedra het tot die sukses daarvan

Julle almal het hierdie dag spesiaal gemaak.

imageDie dag en bywoning van die publiek beteken die wêreld vir Tannie Hester Roodt wat so baie harde werk in die Konsentrasiekamp Kerkhof sit.

Foto’s van die dag kan hier gesien word: https://photofrog.co.za/buy/49xdn

Met opregte dank en waardering,

Pietersburg Konsentrasiekamp Komitee

Подобається цей допис?

Купити для The Prodigy каву

Більше від The Prodigy

КонфіденційністьУмовиПоскаржитись