Predikant – Die Ysterles

Predikant – Die Ysterles

May 31, 2025

Saterdag 31 Mei 2025 -✍️ Deur Riaan M. Odendaal

#DieDaaglikseBesinning #Predikant #Signposts #WaardeurWoord
#RefinedByFire #Padwysers #LegacyInTheMaking
#WisdomByRiaan #iftrue #TheDailyVerdict #VVIScoring

Ek het dié week op ’n eenvoudige feit afgekom wat my laat stilstaan het:

’n Ysterstaaf van 1 000 gram — basies net skroot ter waarde van $100 —
kan deur verfynde toepassing omskep word in iets wat meer as $15 miljoen werd is:
laserkomponente van millimeter-presisie, gebruik in die mees gevorderde tegnologie wat ons het.

Dieselfde yster. ’n Ander bestemming.

En dit het my laat dink — aan hoe maklik ons ons eie waarde vereng tot waar ons begin het.
Ons meet onsself aan rou materiaal — agtergrond, foute, oorsprong.
Maar die yster self verander nie. Wat verander, is wat daarmee gedoen word.
Hoe dit verhit word. Hoe dit gevorm word. Hoe dit toegepas word.

Dalk lê die werklike les hierin:
Jy word nie gedefinieer deur jou oorsprong nie,
maar deur jou bereidheid om verfyn te word.

Sommiges bly gemaklik as hoefysters —
taai, nuttig, maar steeds net yster in basiese vorm.
Ander waag dit om deur die vuur te gaan —
deur presisie, geduld, vorming —
om uiteindelik lig te help stuur.

Maar nie alle yster word hoefysters of horlosiewiele nie.
Soms word dit iets stiller — iets wat net staan.

My oom het daardie soort yster "predikante" genoem.

Nie predikers nie. Nie luid nie.
Maar die soort wat, net soos ’n rigtingwyser langs die pad, jou stilweg herinner:
Jy is onderweg. Hou aan. Jy is nie verlore nie.

En ja — baie van hulle is al gebruik as “target practice”.
Daar’s heelwat koeëlgate in sommige van hulle.
Maar tog staan hulle steeds.
En hulle wys nog steeds die rigting.

Dis ook yster. Dis ook waarde.
Nie alles moet beweeg om betekenis te hê nie.
Soms is teenwoordigheid genoeg.


🌿 As jy hierdie tipe insigte waardeer, kan jy my hier ondersteun:
👉 buymeacoffee.com/thedailyverdict


image

#DieDaaglikseBesinning
#Predikant
#Signposts
#WaardeurWoord
#Padwysers
#RefinedByFire
#LegacyInTheMaking
#StillDirection
#StandingStill
#PresenceAsPower
#TargetPractice
#WisdomByRiaan
#TheDailyVerdict
#VVIScoring
#iftrue
#LifeMetaphors
#MetaphorsThatMatter
#DailyWisdom
#TruthInSilence
#ForgedNotFound
#VoiceOfSteel
#GuidedByQuiet
#ResilientByDesign
#PurposeInProgress

Enjoy this post?

Buy The Daily Verdict a coffee

More from The Daily Verdict

PrivacyTermsReport