À propos Luistervink Stories
Oudioboeke en videoboeke
Ek werk elke dag met die bittere gevolge van taalontwikkelingsagterstande. Ek kry te doene met kinders wat nie die voordeel het van ouers wat vir hulle kan voorlees nie en daarom met 'n verarmde woordeskat en ontoereikinde luistervaardighede die proses van formele onderrig moet aanpak. Dit breek my hart. Dit kan so anders wees!
Tesame hiermee is ek hartgrondiglik lief vir lees - en het ek 'n besondere liefde vir voorlees. Soveel van kinders se taalontwikkelingsuitdagings en gevolglike uitdagings met leer lees kan vermy word indien hulle van jongs af aan boekies bekendgestel word.
Luistervink Stories is my poging om ouers te help om hulle kinders bloot te stel aan goeie taalgebruik (soos wat ons in boeke hoor) en om luistervaardighede met 'n funksionele en prettige aktiwiteit te vestig. Die webpatform bevat nou (aan die einde van 2024) al 205 boekvoorlesings van goeie Afrikaanse kinder- en jeugboeke (oudio - en videoboeke).
Ons is dus ook besig om 'n skatkis met stories vol te maak en te bewaar vir ons nageslag. Om goeie Afrikaanse boeke op biblioteke se rakke te sien stof vergader is net verkeerd.
Jou bydrae kan my help om vol te hou om die Luistervink storieskatkis aan te vul en te uit te bou en te bewaar vir ons kinders, ons kinders se kinders en die wat nog daarna sal kom.
Donateurs récents
